Sjarme en Romans - Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

King’s Camp in Timbavati, Groter Kruger beloof onvergeetlike wild- en voëlkyk ervaringe.

Wildbesigtiging

Die tydsbehoeftes van voëlkyk entoesiaste, sowel as fotograwe word hier in ag geneem en die ritte kan daarvolgens aangepas word. Geniet die wildbesigtiging reg voor die lodge met die besigtigingsdek wat oor die watergat uitkyk. Wildbesigtigingsritte vind in die oggend en in die middag plaas en word deur passievolle personeel gelei.

Hulle liefde vir die bos sal jou inspireer. Verfrissende drankies en peuselhappies word op die wildbesigtigingsritte bedien, vir ’n luukse Timbavati safari ervaring. Die laatmiddag wildbesigtigingsritte hou tot na sonsondergang aan sodat gaste die geleentheid het om die nagtelike diere van die bos te sien. Gaste wat bietjie meer oor die klanke en reuke van die bos wil leer kan ’n stap safari onderneem.

Spa and Welwees

Die spa by hierdie luukse Timbavati safari akkommodasie weerspieël die rustigheid van die omliggende grasvlakte. Dit is ’n tsala-tipe ontwerp met ’n traditionele grasdak en groot glas venters wat ’n ononderbreekte uitsig oor die Timbavati bosveld bied. Jy kan verseker wees dat jy ten volle gaan ontspan met hul wye keuse van behandelings.

King’s Camp bied ’n persoonlike benadering tot spa-behandelings aan deur gaste die keuse te gee om die behandeling in hul kamer te geniet. King’s Camp het ’n ruim, oop-plan en lugverkoelde gimnasium waar jy jou hartklop kan opstoot. Daar is ook ’n aanloklike swembad by hierdie luukse Timbavati safari akkommodasie. Jy kan vinnig na jou oefenprogram gaan afkoel of die hele middag langs dit lê vir ’n verfrissende en algehele ontspanende ervaring.