Refleksie en Rustigheid
Timbavati, Groter Kruger

Hierdie outentieke wild lodge in the Timbavati is intiem binne-in die natuur geleë en bied ’n uitslaap in die bos as deel van die safari ervaring

Hoogtepunte

Oggend en aand wildbesigtigingsritte
Daaglikse laat-oggend stap safari’s
Opsie om in die bos te oornag
Konferensie fasiliteite vir tot 20 afgevaardiges
Traditionele buitelug boma maaltye

Jou Ervaring

Gaste van die Motswari Game Lodge kan gemak en uitstekende wildbesigtinge verwag. Die rondavel-tipe slaapplek met en-suite badkamers het ’n stoep wat reg rondom die rondavel draai om gaste ’n eerste-ry uitsig oor die pragtige Afrika sonsondergang te gee. Besoekers aan hierdie outentieke wild lodge in die Timbavati kan die onversteurde wildernis vanuit die gemak van hulle eie kamers geniet.

Die grasdak rond die elegante maar traditionele dekor af. Om te versker dat hulle gaste die natuurskoon sal geniet, bied hierdie outentieke wild lodge in die Timbavati twee daaglikse wildbesigtigingsritte, asook informatiewe laat-oggend stap safari’s aan. Opgeleide en ervaarde gidse is byderhand om jou alles oor die diere, hulle habitat en hoe hulle in hierdie unieke eko-sisteem aanpas, te verduidelik.

By Motswari Game Lodge kan gaste aandete in die ope-lug traditionele boma geniet. Hierdie maaltye beloof om ’n hoogtepunt op jou safari te wees, omdat jy die geleentheid kry om met ander gaste te sosialiseer en mekaar se opwindende stories oor die bos te deel.