Refleksie en Rustigheid - Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

Die opwindende wildbesigtigingsritte, in oop 4x4-voertuie, vind elke dag met sonsopkoms en sonsondergangs plaas en word deur professionele gidse by Motswari Game Lodge gelei.

Wildbesigtiging

Die plaaslike gidse het nie net wetenskaplike feite oor die diere en hulle omgewing nie, maar ook intieme kennis wat hulle oor jare se mede-bestaan met die bos opgedoen het.

Asemrowende Groot Vyf besigtinge vind daagliks by Motswari Game Lodge plaas maar daar is ook menigte ander wildediere wat elke dag in hierdie omgewing aanskou word, insluitend wilde honde en jagluiperds. Die wildbesigtigingsritte wat met sonsondergang uitgaan, hou lank nadat die son al gesak het aan om vir gaste die nagtelike diere van die bos, soos hyena en ratels, te wys.

Stap safari’s

Hierdie outentieke wild lodge in die Timbavati bied gaste die beste wildbesigtiging aan. Gaste kan kies om saam met hoogs ervaarde plaaslike spoorsnyers op ’n stap safari uit te gaan.

Motswari beteken “om te bewaar en te beskerm” in die plaaslike taal en hierdie stap safari’s wys vir jou die ingewikkelde laeveld biodiversiteit. Verwag ’n unieke interaksie en ondersoek van die veld. In die laeveld is daar ook meer as 350 verskillende voëls wat regdeur die jaar gesien kan word. Hierdie stap safari’s is ’n goue geleentheid vir vurige voëlkykers.

Oornag in die bos

Verdiep jou Afrika ervaring by hierdie outentike safari lodge in die Timbavati deur ’n aand onder die sterre te spandeer. Motswari Game Lodge se Giraffe’s Nest boomhuis is hoog in die takke van ’n ou boom weggesteek en kyk oor die Xanatsi dam uit, in die middel van die Afrika bosveld.

Gemaklik, ontspanne en stylvol - ’n boomhuis soos wat jy dit nog nooit van te vore ervaar het nie. Drankies en ’n smaakvolle aandete word in die boomhuis, met die gebrul van ’n in die agtergrond, bedien. Geniet jou koffie met die sonopkoms terwyl jy en die landskap wakker word.