Onvergeetlike Afrika Safari
Timbavati, Groter Kruger

Hierdie luukse safari akkommodasie in die Timbavati Privaat Wildreservaat is gebou hoog op ’n koppie en is perfek vir paartjies wat opsoek is na ’n intieme safari in Suid-Afrika.

Hoogtepunte

Uitsigte oor die Timbavati Wildreservaat en die Drakensberg in die verte
Kroeg met ’n 360° panoramiese uitsig
Unieke kasteel-styl luukse tente, weggesteek in die blaredak van inheemse bome
Ontspannende dagbed met uitsigte oor die Nhlaralumi Rivier
Opgeligte besigtigingsdek, met ’n swembad en oop-plan ontspanningsarea

Jou Ervaring

By Simbavati Hilltop Lodge het jy ’n uitmuntende uitsig vanaf jou private, luukse tent-suite. Gebou hoog op ’n klipperige berg, of ‘koppie’ soos wat dit in die plaaslike taal genoem word, Simbavati Hilltop Lodge kyk oor die Timbavati Privaat Wildreservaat, die Nhlaralumi Rivier en die Drakensberg in die verte uit.

Die lodge in nie omhein nie en olifante, hiëna en renosters is besoekers wat gereeld deur die lodge loop. Ontspan op die dagbed en geniet ’n intieme wild ervaring wat jy nie eers in jou wildste drome kon indink nie! By hierdie safari akkommodasie in die Timbavati kan jy rustig langs die swembad ontspan en ’n drankie by die 360° uitkyk kroeg geniet voordat jy op jou laat middag wildbesigtigingsrit uitgaan.

Hierdie rit sluit ’n verversende skemerkelkie in en maak eers lank na die son gesak het klaar sodat gaste die geleentheid het om die nagtelike diere van die bos te sien. Simbavati Hilltop Lodge se akkommodasie weerspieël ’n egte Afrika safari met die kasteel-styl luukse tente, elegant gekombineer met moderne binnehuise versiering en kontemporêre afrondings.

Die tent-suites is privaat en afgesonder en het ’n warm sjarme. Geniet onoortreflike bos uitsigte terwyl jy ontbyt op jou persoonlike besigtigingsdek eet. By Simbavati Hilltop Lodge spandeer jy jou dae deur wild te kyk op wildbesigtigingsritte, of vanaf jou luukse tent-suite se privaat besigtigingsdek en tussen-in ontspan jy op die dagbed of langs die swembad.