Onvergeetlike Afrika Safari - Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

Simbavati Hilltop Lodge is deel van die Timbavati Privaat Wildreservaat waar wildbesigtigingsvoertuie toegelaat word om die diere te volg en van die hoofroetes af te dwaal sodat gaste die beste wildbesigtigings kan ervaar.

Wildbesigtigingsritte

Wildbesigtigingsritte vind twee keer ’n dag plaas - vroeg in die oggend en laat in die middag, wanneer diere heel waarskynlik aan die beweeg is. Die laat middag wildbesigtigingsritte hou lank nadat die son gesak steeds aan sodat gaste ’n kans het om die nagtelike diere van die bos te sien.

Die personeel se doelwit by Simbavati Hilltop Lodge is om gaste die beste wildbesigtiging te wys sonder om verby die ingewikkelde fauna en flora van die bos te jaag. Goed opgeleide en kundige gidse sal jou wildbesigtigingsrit opwinded maak, terwyl hulle dit so veilig as moontlik hou.

Wildbesigtiging

Gaste van Simbavati Hilltop Lodge het die geleentheid om die beste wildlewe te besigtig sonder om die gemak van hulle eie tent-suite of hoof ontspanningsarea te verlaat. Die tent-suites is opgelig en op dieselfde hoogte as die blaredak gebou. Gaste kan hulself gemaklik maak op die privaat besigtigingsdek en terugsit en kyk hoe die voëls tussen die takke deur vlieg.

Daar is meer as 360 verskillende spesie voëls in die Timbavati Wildreservaat; jy is verseker om iets spesiaal te sien! By hierdie safari akkommodasie in die Timbavati kan jy jou vrye tyd in die middag geniet deur op die opgeligte besigtigingsdek van algemene ontspanningsarea te sit, of buite op die dagbed te lê en vir die diere wat hulle verby loop te kyk.

Troppe olifante is mal daaroor om onder in die Nhlaralumi Rivier te speel. Simbavati Hilltop Lodge het ’n kroeg met ’n 360° uitsig oor die laeveld om te verseker dat jy niks van die aksie misloop nie. Simbavati Hilltop Lodge het ook fotografiese toerusting om te huur. Maak jouself gemaklik op die uitkykpunt van jou keuse en loer na die diere in hulle natuurlike omgewing. Hierdie toerusting sal seker maak dat die perfekte foto-geleentheid nie verby sal glip nie.

Lodge Spa

Simbavati Hilltop Lodge bied, ter erkenning aan hulle kulturele geskiedenis, traditionele Afrika masserings en ander spa behandelings, in ’n luukse tent-tipe behandelingskamer, aan. Opgeleide terapeute sal jou liggaam en gees uitgerus laat voel. Ideaal vir wittebroodreisigers en paartjies wat opsoek is na iets romanties.