Kambaku Safari Lodge
Timbavati, Groter Kruger

Kambaku Safari Lodge bied ’n eksklusiewe safari ervaring in die Timbavati, ideaal vir troues, wittebrood paartjies of families wat opsoek is na ’n egte Suid-Afrikaanse safari.

Hoogtepunte

Groot Vyf en die bekende wit leeus van die Timbavati
Spesiale kinderprogram
Koloniale elegansie met ’n privaat besigtigingsdek
Fotografiese safari’s met toerusting om te huur
Welwees sentrum

Jou Ervaring

Soek die ontwykende luiperd, ruik die muskusgeur van die olifant, voel die aarde bewe wanneer die koning van die bosveld brul...en doen dit alles terwyl jy in luuksheid toegevou word. Kambaku Safari Lodge bied ’n klassieke Afrika atmosfeer. Elke kamer is die toonbeeld van gemaklike elegansie van ’n vervloë era in Afrika. Opwindende wildbesigtigingsritte wat om jou behoeftes gereël kan word, fotografiese sessies en stap safari’s word gevolg met geurvolle disse met elke maaltyd.

Geniet ’n spa-behandeling terwyl die kinders met ouderdom-gepaste aktiwiteite besig gehou word. Kambaku Safari Lodge verseker dat die hele familie elke oomblik op hierdie eksklusiewe safari ervaring in die Timbavati sal geniet. Kambaku Safari Lodge is die regte keuse vir mense wat slegs wil ontspan.

Daar is ’n blink swembad en heerlike gemakstoele waarop jy kan lê en bak in die son. Jy sal sommer dadelik tuis voel op jou persoonlike stoep met die mooiste Afrika tonele wat voor jou afspeel. Kambaku Safari Lodge is ’n eko-vriendelike lodge wat vir jou ’n eksklusiewe safari ervaring in die Timbavati bied, sonder om hul volhoubaarheidsprinsipe prys te gee. Die sleutel tot sukses by Kambaku Safari Lodge is persoonlike diens en ervaarde personeel.