Kambaku Safari Lodge Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

By Kambaku Safari Lodge word daar spesiale aandag aan fotografie safari’s gegee.

Wildbesigtiging

Die gidse is opgelei om die unieke behoeftes van fotograwe in gedagte te hou. Daar is selfs fotografie toerusting wat jy kan uithuur. Dit neem tyd om daardie perfekte foto te neem en daarom stel Kambaku Safari Lodge voor dat jy met jou eie wildbesigtigingsvoertuig uitgaan.

Hulle kan reël dat ’n professionele fotograaf jou op hierdie rit vergesel. Die fotograaf se gesogte kennis kan jou help om daardie pryswenner foto te neem. Die gesogte wit leeus van die Timbavati en die Groot Vyf is beslis hoog op die besieningslys, maar by Kambaku Safari Lodge kan jy uitsien daarna om ander spesiale besigtinge soos wilde honde en jagluiperd, ook te sien.

Die gidse het ongelooflike kennis en word geondersteun deur spoorsnyers met hope ervaring. Tydens die wildbesigtigingsritte in die aand sal hulle vir gaste die skaarse nagtelike diere van die bosveld uitwys.

Stap Safari’s

Stap safari’s bied die geleentheid om nog nader aan die natuur te kom; om dit te hoor, te voel, te sien en te ruik soos jy net te voet kan doen. Voëlkykers het baie om na uit te sien by Kambaku Safari Lodge, waar hulle met ’n uitmuntende voëllewe spog. ’n Stap safari is die ideale geleentheid om van die meer skugter voëls te sien en wees gereed om in een dag sommer baie voëlspesies van jou lysie af te merk.

Troues

Kambaku Safari Lodge se kos is heerlik en hulle kan vir jou ’n feesmaal op jou troudag voorsit. Dis jou keuse of dit in die middel van die bos of in ’n buitelug boma bedien moet word. Daar is drie verskillende troupakette om van te kies. As bruidspaartjie hoef julle oor niks te bekommer nie en julle kan slegs die spesiale dag geniet!

Kinder Aktiwiteite

Kambaku Safari Lodge verwelkom kinders van alle ouderdomme. Neem die jonger erens (onder die ouderdom van 4-jaar) op ’n privaat wildbesigtigingsrit, of maak van die kinderoppasser gebruik terwyl die grootmense die bos verken. Kinders bo die ouderdom van 12-jaar kan hulle ouers op die stap safari avontuur vergesel. Wanneer kinders by Kambaku Safari Lodge inbespreek, wag daar ’n spesiale geskenkpakkie op hulle.

Daar is ook ’n ouderdom-gepaste program met aktiwiteite soos boogmaak, spoorsny en die vang van insekte. Die hoogtepunt is gewoonlik die dag wanneer die kinders die geleentheid het om ’n gids vir ’n dag te wees. Aan die einde van die dag kry hulle ook ’n sertifikaat vir hulle harde werk en kennis wat hulle opgedoen het. Kambaku Safari Lodge bied ook ’n spesiale spyskaart en buigsame maaltye vir kinders.

Sunset Spa

The Sunset Spa, geleë by Kambaku River Sands, is ontwerp om gaste in Timbavati-wildreservaat stilte aan tebied. Koel, vars kleure bied 'n gevoel van rustigheid aan wanneer jy jouself bederf met 'n masserings behandeling pakket. Daar is selfs pakkette beskikbaar vir kleintjies. Laat die gasvrye span terapeute toe om 'n ervaring van salige kalmte te vergemaklik.