Iets Heilig - Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

Hierdie ritte beloof om ’n spesiale ervaring te wees, omdat Makanyi Lodge in ’n ver weggesteekte area van die Timbavati geleë is, nie oorbelas met voertuie en toeriste nie.

Wildbesigtigingsritte

By hierdie wildlewe safari in die Timbavati is daar twee wildbesigtigingsritte per dag en hulle word deur ervare gidse en spoorsnyers gelei. Die gidse en spoorsnyers vind al die wildbesigtigings self en dit beloof ’n meer outentieke ervaring, met ewe veel opwinding.

Die ligging van Makyani Lodge beteken dat gaste die luukshied van tyd kan geniet. Hulle kan kies om die hele dag op ’n wildbesigtiging te spandeer, sonder om uit die pad uit te beweeg vir ’n ander wildbesigtigingsvoertuig.

Hieride wildlewe safari in die Timbavati is ’n moet-besoek plek vir ywer wildkykers! Wild fotograwe kan ’n ekstra bonus geniet met die opsie om ’n professionele fotograaf en spesiale voertuig, ingerig vir fotografie, te huur om saam met hulle op ’n fotografiese safari uit te gaan. Fotografiese toerusting kan ook gehuur word. Dit is die ideale geleentheid om jou vaardighede te verbeter en met ’n prys-wenner foto huistoe te gaan.

Bos Wandelinge

Bewonder die Timbavati natuur van naby met ’n bos wandeling by Makanyi Lodge. Ontdek interessante plante, aanloklike bosse en die kleinste diere. Jou kundige gids sal al die kennis oor die habitat van die Timbavati deel terwyl jy leer hoe om diere soos renoster se spoor te volg.

Additionele Aktiwiteite

Natuur entoesiaste se drome word realiteit by hieride wildlewe safari in die Timbavati. Spandeer ’n middag in die geselskap van ’n paar seekoeie wanneer jy vis gaan vang by die dam, met ’n verversende drankie en smaakvolle piekniekmandjie in die hand. In die aand, nadat jy ’n traditionele buitelug ete rondom ’n vuur geniet het, sal ’n gids reg wees om jou die asemrowende hemelruim te wys.

Weggesteek van die stad se liggies en besoedeling, by Makanyi Lodge sal jy kan sterrekyk soos nog nooit van te vore nie. Makyani Lodge bied ook ’n aktiwiteit wat besonders en uniek is.

Hier het jy die geleentheid om ’n kuns safari te bespreek wat deur die erkende kunstenaar, Warren Cary gelei word. Julle gaan uit na ’n rustige plek in die bos, met ’n seildoek en verfkwaste onder die arm, waar hy jou sal leer om die skoonheid van die Timbavati op papier vas te vang.