Elegante Tent Ervaring
Timbavati, Groter Kruger

Beroemd vir hulle gesofistikeerde tente, hierdie klassieke tentkamp in die Timbavati is ’n sjiek en natuurlike toevlug in ’n rustige bos omgewing.

Hoogtepunte

Romantiese aandetes op ’n rivierbank
Opwindende Groot Vyf besigtinge, met aand wildbesigtigingsritte en stap safari’s
Gidse is toegelaat om op hul eie diskresie van die hoofpad af te wyk
Ongelooflike uitsigte van die Timbavati Rivier

Jou Ervaring

Die tente by Ngala Tented Camp is van seildoek gemaak en bied daarom vir gaste die oorspronklike safari opwinding, sonder om luuksheid prys te gee. Die meerderheid tentkampe kyk oor die asemrowende Timbavati Rivier uit. Hier kom diere gereeld af om te drink en romantiese aandetes kan op die oewer bedien word.

Die tema van hierdie klassieke tentkamp in die Timbavati word verder versterk met flikkerende lanterns wat in die aand orals om die kamp geplaas word om die bos se natuurlike atmosfeer te verlig. Gaste kan op hul tent se houtdek ontspan, onder die skaduwee van die rivierwoud, en in die aand veilig onder hulle luukse beddegoed aan die slaap raak terwyl die leeus diep in die Afrika bos brul.

’n Dag by Ngala Tented Camp word na jou hartelus spandeer. Daar is twee daaglikse wildbesigtigingsritte, stap safari’s, ’n uitgebreide besigtigingsdek en vloei swembad wat die natuurlike kontoere van die rivierbeddings naboots, asook ’n masserings tsala wat oor die rivierbed uitkyk om van te kies.

Perfek vir paartjies en natuurliefhebbers, hierdie klassieke tentkamp in die Timbavati is gesofistikeerd, romanties tog onopvallend in sy ligging binne die natuurlike omgewing.