Elegante Tent Ervaring - Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

Ingesluit in jou verblyf by Ngala Tented Camp is vroegoggend en laat middag wildbesigtigingsritte.

Wildbesigtiging

Die Ngala Reservaat was een van die eerste konsessies om amptelik in die Groter Kruger Park opgeneem te word en geniet daarom spesiale kruisregte in hierdie ongelooflike area. Die gidse neem ekstra sorg om vir gaste die heel beste van die Timbavati te wys, insluitend leeus, renoster en wilde honde.

Hulle gebruik hulle spesiale kruisregte en eie diskresie om gaste so naby as moontlik aan die diere te neem. Hierdie wildbesigtigingsritte is ideaal vir voëlkykers en mense wat in fotografie belangstel. Interaktiewe stap safari’s en bos wandelinge kan ook by hierdie klassieke tentkamp in die Timbavati onderneem word. Hierdie aktiwiteite word deur gidse met ingewikkelde kennis oor die bos wat hulle gretig is om met gaste te deel, gelei.

’n Unieke en perfekte geleentheid om jou kennis oor die bos te verdiep en die geure en kleure van die laeveld te ervaar soos wat jy nog nooit van te vore ervaar het nie. Ngala Tented Camp is uniek omdat gaste wild kan besigtig sonder om die gemak van die kamp te verlaat. Elke tent het ’n opgeligte houtplatform en is omring met die pragtige natuurlike landskap van die Timbavati area.

Naby ’n rivierbedding geleë, die sitkamer het 'n uitkykdek met sagte banke, dekstoele en 'n vloei swembad waar gaste met ’n drankie in die hand na die wild wat by die rivier kom drink (en soms uit die swembad self) kan kyk.

Welwees

By hierdie klassieke tentkamp in die Timbavati gaan dit alles oor luuksheid en gemaklikheid, om te verseker dat gaste heeltemal uitgerus terug huistoe sal gaan. Gaste wat bietjie meer indulgent wil wees kan die traditionele masserings “tsala”, wat oor die TImbavati rivierbed uitkyk, besoek.

Ngala Tented Camp het ’n spesiale oplossing vir gaste wat nie hulle oefenprogram by die huis wil los nie. ’n Gimnasium-in-’n-mandjie is ’n mandjie met ’n yoga mat, ligte gewigte, ’n rubber terapieband en ’n springtou. Hierdie gimnasium-in-’n-mandjie kan by jou kamer afgelaai word vir ’n private oefensessie van jou voorkeur.