Beste Privaat Safari
Timbavati, Groter Kruger

Gesofistikeerd en eksklusief, Waterbuck Private Camp bied intieme akkommodasie vir ’n meer persoonlike Suid-Afrikaanse safari ervaring in die Timbavati.

Hoogtepunte

Aandete in die buitelug boma
Privaat sjef & gids
Wildbesigtiging vanaf die privaat besigitigingsdek
Oppassersdientste beskikbaar
Gymnasium & spa

Jou Ervaring

Waterbuck Private Camp is ’n vier slaapkamer luukse villa, geleë op die banke van ’n droë rivierbed, wat tot agt gaste kan slaap. Weggesteek in die Timbavati Privaat Wildreservaat, hierdie villa smelt saggies in die natuurlike bos omgewing in en bied gaste die kans om te ontspan en die sjarme van die laeveld te geniet.

Vir die beste Suid-Afrikaanse safari ervaring in die Timbavati bied Waterbuck Private Camp gaste die dienste van ’n persoonlike gids, spoorsnyer, butler en sjef. Wees verseker dat jou verblyf uniek en luilekker gaan wees. Die villa het lugverkoeling en is versier met koloniale romantisisme.

Dit is ideaal vir families of klein groepies vriende wat opsoek is na ’n persoonlike Suid-Afrikaanse safari ervaring in die Timbavati waar jy jou vakansie teen jou eie spoed kan geniet. Word wakker met die wild wat in die rivierbed loop, geniet ontbyt buite op die besigtigingsdek en spandeer ’n dag langs die villa se swembad.

Sien uit daarna om uit te gaan op ’n dag lange safari waar jy met middagete vir ’n heerlike piekniek in die bos stop, voordat jy die safari op voet klaargemaak. In die aand is Waterbuck Private Camp se vuur in die traditionele boma die perfekte geleentheid om onvergeetlike oomblikke met geliefdes te deel, voordat jy bed toe gaan met die geluide van die natuur in die agtergrond.