Beste Privaat Safari - Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

Waterbuck Private Camp is binne-in die Timbavati Privaat Wildreservaat wat bekend is vir die gereelde Groot Vyf besigtigings en die wit leeu.

Wildbesigtiging

Hierdie area kan verken word in oop wildbesigtigingsvoertuig of te voet met ’n stap safari. ’n Gids, spoorsnyer en voertuig is daar vir die eksklusiewe gebruik vir die gaste van Waterbuck Private Camp om te geniet en die tyd van elke rit te bepaal. Op hierdie Suid-Afrikaanse safari ervaring in die Timbvati is wildbesigtigingsritte onverbeterlik en skaarse besigtigings soos renoster en wilde honde kan verwag word.

Spa and Welwees

Die privaat spa sal die hoogtepunt van jou Suid Afrikaanse safari ervaring in die Timbvati wees. Dit is gebou as ’n “tsala” met ’n traditionele grasdak en glas venters wat jou ’n ononderbroke uitsig van die Timbavati bosveld gee.

Die spa bied ’n verskeidenheid vel-,lyf- en massersings behandelinge aan sodat jy kan kies waarmee jy wil ontspan. Daar is ook ’n gimnasium by Waterbuck Private Camp wat lugverkoel en ruim is. Die swembad is daar om vinnig na jou oefensessie af te skoel of om die hele dag langs te lê en jou ontspannende verblyf te komplimenteer.

Kinder Aktiwiteite

Families wat opsoek is na die beste bos ervaring sal verheug wees oor die kinder aktiwiteite by Waterbuck Private Camp wat spesiaal tot jou kind se ouderdom aangepas word. Die aktiwiteite is vermaaklik en opwinded en uniek tot die bosveld omgewing. Maaltye kan ook tot kinders se voorkeure gemaak word deur die persoonlike sjef.

Ouers wat vir ’n paar uur wil ontspan kan ’n kinderoppasser aanvra en rustig wees met die wete dat hulle kinders veilig en vermaak gehou sal word.