Threadfin Bream
Stekelwang

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Stekelwang

Alias

Threadfin bream; Butterfly bream; False Snappers

Wetenskaplike naam

Nemipteridae

Grootte

Tot 25 cm, gemiddeld 18 cm.

Identifikasie

Lang, ovaalvormige liggaam, groot skubbe en klein mondjies. Sommige spesies het ‘n uitsteeksel onder die oë en ander het ‘n verlengde filament op die boonste lob van die stertvin. Kleur is gewonnlik helder en varieer van silwer met swart tot ligbruin met donkerbuin. Daar is soms ‘n geel streep.

Algemene Inligting

Die Nemipteridae familie bestaan uit 5 genera en 64 spesies. Nou verwant aan die snapper. Kom voor op koraalriwwe, waar hulle na-aan die bodem swem en skielik stop om te jag na voedsel. Hulle word ook soms in riviermondinge gevind. Plagiesee kuitskieters.

Voeding

Leef van klein visssies, koppotiges, skaaldiere en wurm. Sommiges is planktivores.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.