Begin jou dag voor die son opkom met ’n wildbesigtigingsrit op ’n oop Land Cruiser by Waterside Lodge.
Ry in die bos in terwyl die dag begin breek, sien die eerste skakerings van ’n nuwe dag en luister na die vroegoggend geroep van die voëls. Jou professionele gids sal vir jou die tropdiere en roofdiere wat julle op die rit sal sien, se aksies verduidelik. Hier word jy aangemoedig om vra te vra en oor die diere wat julle sien te praat.
Ontdek die geheime wêreld van die Suid-Afrikaanse bosveld se interaksies. Op elke rit sal jy iets nuut sien, geen rit is ooit dieselfde nie. Kinders is nooit te jonk om oor die natuur te leer en ’n waardering daarvoor op te bou nie. Jou kinders kan aan die kinderprogram deelneem, asook aan ’n verskeidenheid kindervriendelike aktiwiteite.
Neem asseblief kennis dat kinders tussen die ouderdom van 0- 5-jaar nie op wildbesigtigingsritte toegelaat word nie. Kinderoppassersdienste is wel beskikbaar.
Voëlkyk kan een van die mees ontspannende aktiwiteite wees. Waterside Lodge bied jou die geleentheid om oneindig voëls te kyk. Die ligging van die lodge langs die meer, omring met bome, is perfek vir voëlkyk.
Geniet die swembad en sonplatvorm en hou jou oë oop vir die voëls wat die lug vul. Dit is nooit te laat oom hierdie stokperdjie aan te leer nie. Gryp jou verkyker, vind ’n gemaklike plekkie en probeer dit.
Verhoog jou Suid-Afrikaanse evaring met heerlike maaltye. By Waterside Lodge sal jy nooit honger ly nie. Klim in ’n heerlike, laat ontbyt in na jou wildbesigtigingsrit. Later, om 13:30 word middagete bedien. ’n Paar vars gebakte lekkernye en koeke word met tee bedien, voordat jy op jou middag wildbesigtigingsrit uitgaan.
Op elke wildbesigtigingsrit stop die 4x4-voertuig by ’n uitkykpunt of groot boom vir ’n geleentheid om die ongelooflike omgewing in te neem en peuselhappies te geniet. Kyk hoe die son agter die horison inskuif, met ’n ys-koue drankie in die hand en biltong en neute in die mond – eg Suid-Afrikaans.
Wanneer in die aand terug is by die kamp kan jy om die kampvuur inskuif en jou safari stories met jou mede reisigers deel. Eet onder die sterre en fees op ’n drie-gang maaltyd, bedien met styl en geur. Omdat dit ’n kindervriendelike lodge is, is daar ’n lekker kinderspyskaart met opsies wat jou kleintjies sal opeet!