Familie Safari Aftog
Thornybush, Groter Kruger

Hierdie wonderlike Lodge in die Thornybush Privaat Natuurreservaat is ideaal vir ’n strategiese wegbreek met die familie, of vir ’n besigheid konferensie.

Hoogtepunte

Geleë langs die meer met uitsigte oor die bosveld
Ideaal vir families van alle ouderdomme, groepe en paartjies
Kinderprogramme
Konverensie sentrum
Vlieënier/gids kamers beskikbaar

Jou Ervaring

Op die rand van die meer lê die rustige Waterside at Royal Malewane. Hier kan jy die beweging van die wild en voëls dophou terwyl jy op jou besigtigingsdek ontspan. Dit is ’n ongelooflike ervaring voordat jy al van die lodge se perseel af beweeg het. Waterside at Royal Malewane smelt in die bos omgewing in.

Natuurlik-ontwerpte wandelpaaie is onder die hoë bome gebou en lei na die individuele suites. Die oomblik wat jy jou voet op die perseel sit, sal jy voel hoe ’n rustigheid oor jou sak en die sorge van die wêreld weg smelt. Ontdek die digte Thornybush Privaat Reservaat met ’n wildbesigtigingsrit.

Of, vind ’n plek op die platvorm wat oor die meer uitkyk, en hou die voëls dop terwyl jy die skoonheid van die omgewing inneem. Jy kan selfs die twee kombineer deur op twee wilbesigtigings op ’n dag uit te gaan en die res van die dag met ’n drankie op die platvorm sit en dit geniet om hier te wees. Families sal die swembad, kinderprogram en kinderoppassersdienste waardeer.

Besighede kan van die toegeruste konferensie sentrum, met ’n biblioteek en internet konneksie gebruik maak.