Widbesigtigingsritte in oop Land Cruisers begin gewoonlik soos wat die dag breek by Serondella Lodge in die Groter Kruger.
Kyk hoe die horison begin wakker word terwyl jou gids vir jou spore en merke uitwys vir die oggend se avontuur. Volg die troppe en kyk na die interaksies van lewe in die bos. Kyk uit vir die slapende leeu. Soek die luiperd wat sy bok in die boom optrek. Of die jagluiperd, weggesteek tussen die gras besig om die troppe te agtervolg. Stop vir bietjie heerlike warm koffie, strek jou bene en bewonder jou aan die landskap. Leer meer oor die medisinale gebruike van plante en bome by Serondella Lodge.
Middag wildbesigtigingsritte hou gereeld tot na donkerte aan. Die gidse sal van soekligte gebruik maak om die nagtelike diere uit te wys soos wat hulle ’n veilige plek soek om die aand te spandeer of te jag. Stop en kyk eers na die sonsondergangs, met ’n yskoue drankie en ’n heildronk op die dag. Begeleide wandelinge met ’n gewapende gids en spoorsnyer is ’n goeie manier om die kleiner diere van die Suid-Afrikaanse bosveld te sien.
Wandelinge is aangepas om jou belange en fiksheidvlakke in ag te neem. Kry jou skoene stowwerig en oefen jou bene terwyl jy die merke en mishope (wat gereeld op 4x4-ritte gemis word) bestudeer. As gevolg van die aantal diere kan jy gerus wees dat die wildbesigtigingsritte by Thorny Bush nooit vervelig gaan wees nie. Neem asseblief kennnis dat kinders onder die ouderdom van 6-jaar nie toeglaat word op wildbesigtigingsritte nie, behalwe as die lodge op ’n eksklusiewe basis uitbespreek word.
Ontbyt word bedien na die oggend wildbesigtigingsrit, laat in die oggend en dien amper as middagete ook. Dit is ’n heerlike feesmaal, waarna jy tyd het om te ontspan en die omgewing en die oggend se aktiwiteite te verwerk.
Ontbyt kan ook as deel van jou oggend wildbesigtigingsrit geniet word, buite in die bos, onder die skaduwee terwyl jy besig is om wild te kyk. Tee en koek word om 15:00 bedien, net voordat jy vir jou middag wildbesigtigingsrit uitgaan.
Peuselhappies en verversings word ook op die wildbesigtigingsritte bedien, so jy sal nooit hier honger ly nie. Aandetes is ’n drie-gang maaltyd en word in die buitelug boma, onder ’n kombers van sterre bedien.
Gaste kan kies of hulle by die lodge of buite in die bos wil eet. Voor aandete kan jy om die kampvuur met ’n drankie ontspan. Na ete kan jy weer om die vuur sit, ’n sjerrie drink en die atmosfeer en vrede van die Afrika aand inneem.