Gesofistikeerd en Intiem
Thornybush, Groter Kruger

By Serondella Game Lodge in die Thorny Bush Privaat Natuur Reservaat word jy wakker met die geluide van die wild in die skoot van luuksheid. Ontspan weg van beskawing en elke dag stressors en neem die Suid-Afrikaanse rustigheid in.

Hoogtepunte

Oggend en aand wildbesigtigingsritte
Watergatte wat gereeld besoek word
Opgeligte skerms vir die beste voëlkyk geleenthede
Kinders van alle ouderdomme is welkom by hierdie kindervriendelike lodge
Gemeenskaplike swembad

Jou Ervaring

Spandeer jou dae deur die Thorny Bush Privaat Natuurreservaat met jou familie en geliefdes te ontdek. Neem die fasineerende besigtigings en geluide van die Afrika bos in. Ontdek die area op ’n oop Land Cruiser, of te voet. Volg die diere se spore en ontleed saam met jou gids die diere se aktiwiteite van die vorige nag. Daarna kan jy terugkom na die intieme Serondella Game Lodge vir verdere wild besigtiging vanaf die lodge.

Geniet jou tyd na ’n rit in die gemak van jou slaapkamer, met groot vensters wat oor die olifant populêre watergat uitkyk. Pieknieks in die bos is ’n spesiale bederf. ’n Fees van vars voorbereide kos wag op jou buite in die wild.

Smul aan ’n smaakvolle ontbyt wat mooi bedien is op ’n tafel in die skaduwee van die magtige bome langs die rivierbed. Serondella Game Lodge se swembad is helder blou en daar kan jy heerlik lê en son vang. In die aande gaan slaap jy moeg na die dag se opwindende wildbesigtiging en heerlike maaltye.

Die suites is gelee op die bed van die droeë Monwana rivier geleë. Word verfris wakker met die soet geluide van die voëls wat sing en die bewegings van die bos en maak reg vir nog ’n dag van avontuur en skoonheid.