Ervaar Ware Rustigheid - Aktiwiteite
Thornybush, Groter Kruger

By Shumbalala Game Lodge begin die oggend wildbesigtigingsritte vroeg in die oggend na ’n heerlike warm koffie wat op die besigtigingsdek bedien is.

Wildbesigtiging

Beide die oggend en die aand wildbesigtigingsritte word deur ervare en kundige gidse en spoorsnyers gelei wat graag hulle kennis oor die bos en die wild met jou sal deel in ’n informatiewe en ontspanne manier. Na die wildbesigtigingsrit word ’n heerlike middagete op een van Shumbalala Game Lodge se unieke maaltydliggings bedien.

Die laatmiddag wildbesigtigingsrit by hierdie rustige safari lodge in die Thornybush Wildreservaat gaan na middag-tee uit en hou aan lank nadat die son oor die Afrika vlakte gesak het. Tydens hierdie rit vind die gidse ’n veilige plek waar gaste ’n skemerkelkie in die bos kan geniet, voordat die nagtelike diere met ’n kollig uitgewys word op die rit terug na Shumbalala Game Lodge.

Die Thornybush Wildreservaat is beroem vir die Groot Vyf en ander fassinerende flora en fauna wat hierdie unieke habitat opmaak.

Bos Wandelinge

Na die heerlike ontbyt/middagete wat bedien word na die eerste wildbesigtigingsrit van die dag het gaste die keuse om die kos bietjie af te stap en op ’n bos wandeling uit te gaan. Die bos wandelinge by hierdie rustige safari lodge in die Thornybush Privaat Wildreservaat word gelei deur ’n spoorsnyer- en gids span wat beloof op die uitstappie informatief en genotvol te maak. Leer meer oor die ingewikkelde biosfeer van hierdie omgewing sonder die geraas van ’n motor.

Bos Etes

Shumbalala Game Lodge spog met hulle gebruik van slegs vars produkte en die beste snitte vleis. Hulle kombuis-span en voltydse sjef streef daarna om gaste te verras met ’n smaakvolle en pragtige bord kos wat hulle nooit in die bos sou verwag nie. Die personeel het ’n passie en liefde vir kosmaak en dit kom deur in elke happie.

By hierdie rustige safari lodge in die Thornybush Wild Reservaat kan jy uitsien na ’n Engelse ontbyt wanneer jy rasend honger terugkom van jou wildbesigtigingsrit, asook mooi opgemaakte middag-tee, skemerkelkies met peuselhappies en aan die einde van die dag is daar ’n ongelooflike driegangmaaltyd wat onder die Afrika hemelruim bedien word.