Ervaar Ware Rustigheid - Verblyf
Thornybush, Groter Kruger

Elke suite is weggesteek onder skadu bome langs die seisoenale Monwana Rivier en bied onoortreflike privaatheid en gemak.

Jou Kamer

Die suites is ruim ontwerp, met ’n slaapkamer en ontspanningsarea wat met glasskuifdeure op ’n privaat stoep oopmaak. Ingerig met waaiers, lugverkoeling en ’n knus vuurmaakplek asook luukse en-suite badkamers, by hierdie rustige safari lodge in die Thornybush Wildreservaat word jy verskoon as jy nie jou kamer wil verlaat nie.

Lodge Fasiliteite

Die hart van Shumbalala Game Lodge is die gesinkte wynkelder wat oog-hoogte oor die watergat uitkyk. Hierdie wynkelder het ’n intieme atmosfeer en ’n wye reeks Suid-Afrikaanse en ingevoerde wyne. Die perfekte plek vir ’n romantiese aandete vir twee, of warm samekoms van ’n klein groepie vriende. Ontspan op die besigtigingsdek wat oor die seisoenale Monwana Rivier uikyk terwyl jy smul aan hulle heerlike kos en in die aand vind jy ’n gemaklike plekkie langs die buitelug boma terwyl jy opkyk na die sterre. Shumbalala Game Lodge is ’n eksepsionele vakansie bestemming vir jou en jou geliefdes.