Ervaar Ware Rustigheid
Thornybush, Groter Kruger

Weggesteek tussen die bosse, hierdie rustige safari lodge in die Thornybush Privaat Wildreservaat is die ideale plek vir ontspanning en stilte.

Hoogtepunte

Luukse lodge met hooggehalte diens
Heeltemal eksklusief; die lodge is nie toeganklik met ’n privaat motor nie, slegs deur gidse wat gaste gaan haal en aflaai
Al die suites kyk uit oor die seisoenale Monwana Rivier
Informatiewe stap safari’s elke oggend na ontbyt
Aandag word gegee aan gaste te voorkeure, soos voëlkyk en fotografie

Jou Ervaring

Shumbalala Game Lodge is ’n plek waar gaste heeltemal kan ontspan in die rustigheid van die bos wat hierdie luukse lodge toevou. Geleë in die hartjie van die 14 000 hektar Thornybush Wildreservaat, aangrensend met die Kruger Nationale Park, hierdie rustige safari lodge in die Thornybush Privaat Wildreservaat is heeltemal eksklusief en nie toeganklik met ’n privaat motor nie.

Gaste word opgetel en afgelaai deur die professionele gidse van Shumbalala Game Lodge om seker te maak dat die enigste aktiwiteit in hierdie kamp die diere is wat in en om die kamp in hulle natuurlike habitat beweeg.

Shumbalala Game Lodge is ’n plek waar al jou sintuie gestimuleer word, maar terselfde tyd ook ontspan. Kyk uit oor die aswemrowende laeveld, luister na die geritsel van die diere in die bos, ruik die aromatiese reuke van die Afrika geinspireerde disse, proe ’n eg Suid-Afrikaanse wyn by die intieme wynkelder en voel, uiteindelik, hoe jou hele liggaam ontspan en jou siel herlaai.