Eko-Vriendelike Kamp - Aktiwiteite
Thornybush, Groter Kruger

Word vroegoggend wakker met die gesing van die voëls in die bome en maak reg vir jou eerste wildbesigtigingsrit.

Wildbesigtigingsritte

Of slaap ’n bietjie laat en gaan uit op ’n aandbesigtigingsrit en kyk hoe die Afrika son agter die berg sak. Tangala Safari Camp se wildbesigtigingsritte gaan vroeg in die oggend of laat in die middag uit en word begelei deur kundige gidse wat al jou vrae sal beantwoord.

Maak seker om jou kamera saam te vat op hierdie ritte; die Thornybush Privaat Wildreservaat bied voëlkyk geleenthede in oorvloed. Hierdie wildbesigtigingsritte vind plaas in ’n 4x4-voertuig wat spesifiek ontwerp is vir die beste uitsig van hierdie wildernis droomwêreld.

Bos Etes

Om getrou te bly aan hulle Afrika identiteit bied hierdie eko-vriendelik safari kamp in die Thornybush Wildreservaat kos aan wat die warmte van die Ubuntu kultuur weerspieël. Hier is dit Afrika op ’n bord. Ingerig vir geselligeheid, die ontspanningsarea by Tangala Safari Camp kyk oor ’n watergat uit en gaste kan die mees asemrowende wild besigtiging sonder om die gemak van hierdie juweel lodge te verlaat.

Die algemene ontspanningsarea is ook waar gaste kan sosialiseer en hulle ervaringe met mede reisigers deel. Geniet ’n skemerkelkie by Tangala Safari Camp terwyl jy die skoonheid van die natuur inneem.

Daar is ook die opsie om ’n boek te gryp en langs die swembad te gaan lê en wag vir die diere van hierdie wilde kontinent om verby jou te stap op hulle pad na die watergat. Hierdie eko-vriendelike safari kamp laat die natuur toe om ’n vertoning vir jou aan te sit terwyl jy in jou gemaksone bly.