Eko-Vriendelike Kamp
Thornybush, Groter Kruger

Perfek vir paartjies of klein groepe, hieride eko-vriendelike safari kamp in die Thornybush Wildreservaat bied gemaklike akkommodasie, ’n rustige atmosfeer en ’n kans om weg te kom van die geraas van die stad.

Hoogtepunte

Kyk uit oor ’n dam wat gereeld besoek word
Keuse tussen chalets of tent-styl akkommodasie
’n Geleentheid om die beste Afrika disse te proe
Ongelooflike wildbesigtigings in en om die kamp
Kinders ouer as 12-jaar is welkom

Jou Ervaring

Kom weg van die geraas van die stad by Tangala Safari Camp, die ideale plek om te ontspan en weer een te word met die natuur. Hier is jy omring met die rusgtigheid van die natuur; ’n plek om jou gees te herlaai. Geniet ’n skilderagtige sonopkoms en skitterende skemer vanuit die gemak van jou eie suite. Hierdie eko-vriendelike safari kamp in die Thornybush Wildreservaat bied ’n keuse tussen chalets en luukse tente.

Elke suite is ingerig met ’n onderdak private stoep - perfek vir wittebrood reisigers of paartjies wat opsoek na ’n gesellige plekkie om mekaar se geselskap te geniet. Tangala Safari Camp is groot op eko-vriendelike inisiatiewe en spog graag met die feit dat die kamp op sonkrag en die gebruik van natuurlike gas hardloop.

Die besigtigingsdek is die fokuspunt by hierdie eko-vriendelike safari kamp in die Thornybush Wildreservaat, met die majestueuse Drakensberg in die agtergrond en die ongelooflike wild in die voorgrond.

Opwindende wildbesigtigingsritte laat jou toe om die bos bietjie dieper te verken en vriendelike en entoesiastiese personeel sal seker maak dat jy op jou terugkoms gemaklik is. Tangala Safari Camp het ’n regte huis-weg-van-die-huis atmosfeer.