Eenvoudig Afgesonderd - Aktiwiteite
Thornybush, Greater Kruger
Monwana Game Lodge se twee wildritte per dag, met sonsopkoms en sonsondergang, is enige passievolle fotograaf se droom.
Wildritte
Monwana Game Lodge se twee wildritte per dag, met sonsopkoms en sonsondergang, is enige passievolle fotograaf se droom. Die wildritte word in oop Land Rovers saam met kundige veldwagters, wat graag interessante inligting oor die wild wil deel, gedoen. Die Thornybush Natuurreservaat langs die Groter Kruger Nasionale Park het volop wild, insluitend die Groot 5, wat 'n opwindende wildkyk ervaring verseker.
Stapsafari
Gaan op ’n stapsafari saam met ’n ervare veldwagter en kom so nog nader aan die natuur. Sonder die geraas van ’n enjin kan jy die natuurlewe meer intens ervaar.
Voëlkyk
By Monwana Game Lodge is daar ’n groot verskeidenheid voëlspesies wat in die omgewing voorkom en vir voëlkykers ’n besonderse ervaring is. Jy kan selfs net op jou privaat dek sit en die ongelooflike voëllewe geniet.
Bos Etes
Die goed opgeleide sjefs berei smaaklike 3 gang aandetes of ’n egte Suid-Afrikaanse braai voor wat met van die beste wyne bedien word. Paartjies kan ook kies om romantiese kersligetes onder die sterre te geniet.