Eenvoudig Afgesonderd - Jou Verblyf
Thornybush, Groter Kruger

Monwana Game Lodge is ’n kleiner, intieme lodge wat op eksklusiwiteit fokus met slegs 4 suites.

Jou Kamer

Al die suites het ’n en-suite badkamer met ’n aparte bad en stort en ’n ongelooflike uitsig vanuit die groot glasvensters op die bedrywige watergate. Die 2 familie suites het elk slaapplek vir vier en ’n privaat tuin vir kinders om in te speel. Die suites het ’n groot badkamer, lugversorging en privaat wildkyk dek.

Die luukse koning suite het ’n koningsgrootte bed, sitkamer, kaggel, kroegyskas en ’n privaat dek wat op ’n watergat uitkyk. Die elegante wittebroodsuite met ’n uitsig vanaf die slaapkamer op die natuurreservaat het ’n oopplan badkamer met ’n diep bad wat ook ’n pragtige uitsig het. Hierdie suite se dek is so ontwerp dat dit volkome privaatheid bied – ’n ware romantiese toevlug.

Lodge Fasiliteite

Monwana Game Lodge het ’n gedeelde sitkamer wat gebruik kan word vir partytjies, om saam met ander ander gaste te kuier of vir ’n rustige wildbesigtiging. Hier is ook ’n elegante Victoriaanse styl somerhuisie, ’n boma vir buitelug-etes en ’n gemeenskaplike eetkamer.