Eenvoudig Afgesonderd
Thornybush, Groter Kruger

Die gesofistikeerde 4-ster Monwana Game Lodge, geleƫ in die Thornybush Natuurreservaat, is die perfekte wegbreek vanuit die stadslewe en ideaal vir romantiese paartjies of families.

Hoogtepunte

Privaat wildkyk dek met ’n skouspelagtige uitsig
Slegs 4 suites
Familie georiënteerd
Volop wild rondom die lodge
Persoonlike 4-ster diens

Jou Ervaring

By die luukse Monwana Game Lodge is daardie perfekte mengsel van weelderigheid in die suites met die natuurskone omgewing. Die personeel se professionele diens en strewe om jou wegbreek onvergeetlik te maak is uitsonderlik. Die suites is geheel en al privaat en die privaat wildkyk dekke verseker ’n besonderse safari ervaring.

Monwana Game Lodge is die hele jaar deur skouspelagtig. Elke seisoen het sy eie bekoring, van die warm somermaande met die digte grasgroen bosse en manjifieke donderstorms tot die droë savanne vlaktes in die winter wat wildkyk vergemaklik. Die ervare veldwagters weet egter altyd waar om die wild tydens elke seisoen op te spoor.