Opwindende wild ekskursies word twee keer ’n dag onderneem om die Groot Vyf en ander spesies van Afrika se wildlewe op te spoor.
Royal Malewane, geleë in die Thornybush Privaat Wildreservaat, spog met asemrowende wildlewe. Elke wildbesigtigingsrit word deur ’n ervare gids gelei. Fotografiese safari-voertuie, met gemaklike stoele en ander spesiale fasiliteite kan op aanvraag bespreek word, sodat jy asemrowende fotos van jou Afrika wild safari kan afneem.
Hierdie klassieke safari lodge in die Groter Kruger Park bied jou die geleentheid om na Moholoholo Wild Rehabilitasie Sentrum en Hoedspruit Sentrum vir Bedreigde Spesies (HESC) te besoek. By hierdie sentrums word wild gerehabiliteer sodat hulle terug kan gaan na die bos toe, maar intussen het jy die geleentheid om hulle van naby te aanskou.
Die diere by hierdie rehabilitasie sentrums sluit leeus, luiperds, jagluiperds, wilde honde, arende en ander weesdiere in. HESC bied ook tuiste aan baba weesrenosters wat bekend geword het te danke aan hulle lewendige webcam wat die renosters so rehabilitasie proses uitsaai.