Die Keuse van Bekendes
Thornybush, Groter Kruger

Hierdie klassieke safari lodge in die Groter Kruger Park bied hoog gehalte fasiliteite en uitstekende wildbesigtigings.

Hoogtepunte

Privaat wildbesigtigingsdek en swembad
Safari spa fasiliteite, insluitend ’n gymnasium, warm swembad, sauna en jacuzzi
Daaglikse sonopkoms en sonsondergangs wildbesigtigingsritte in oop safari-voertuie onderneem deur kenner gidse
Bos wandelinge met ’n ervare gewapende gids en spoorsnyer (op aanvraag)
Eetkamer kyk oor ’n watergat wat gereeld besoek word uit

Jou Ervaring

Royal Malewane, geleë in die Thornybush Privaat Wildreservaat, vorm deel van die Groter Kruger Nationale Park in die Limpopo provinsie van Suid-Afrika. Hierdie area spog met diverse fauna en flora, asook groot wild wat moontlik op ’n wildbesigtigingsrit, begelei deur ervaarde gidse, gesien kan word.

Hierdie ongelooflike ritte word twee keer ’n dag onderneem – in die oggend en laat in die middag. By Royal Malewane word verfrissende skemerkelkies geniet terwyl die son oor die Afrika bosveld sak gedurende die laat middag wildbesigtigingsrit. Ander aktiwiteite by hierdie klassieke safari lodge in die Groter Kruger Nationale Park sluit in gholf, perdry safari’s, warmlugballonvlugte, dag uitstappies en besoeke aan wild rehabilitasie sentrums.

Royal Malewane het ook ’n luukse bos spa wat rustige behandelige aanbied om jou te laat ontspan na jou opwindende wildbesigtigingsritte. Die eetarea by Royal Malewane kyk oor ’n watergat, waar wild gereeld kom drink, uit en jy mag dalk gelukkig genoeg wees om bietjie wild te besigtig gedurende jou maaltyd. In die aand word etes rondom die traditionele boma onder die sterre geniet.

Die professionele sjefs maak heerlike geregte wat deur traditionele Afrika disse geinspireer is. By hierdie klassieke safari lodge bestaan akkommodasie opsies uit dubbel suites, vier persoon suites en ’n privaat villa met 6 slaapkamers – perfek vir families en klein groepe.