Sweet Prickly Pear
Grootdoringturksvy

© Louise Brodie

Naam

Grootdoringturksvy of Boereturksvy

Latynse naam

Opuntia ficus-indica

Habitat

Die Grootdoringturksvy groei oor Suid-Afrika, en het versprei oor die eeue nadat dit uit Mexico ingevoer is.

Veldnotas

Die Grootdoringturksvy is een van die mees gebruikte uitheemse plante in Suid-Afrika, so baie dat baie mense nou glo die plant is 'n Suid-Afrikaanse spesie.
Die Grootdoringturksvy word gebruik om verskansings vir huisdiere te bou - en word as voer vir die diere gebruik. Baie plaashuise in Suid-Afrika is omhein deur die Grootdoringturksvy.
Die vrug word vandag gebruik om konfyt en verskeie drankies te maak. In baie gebiede, soos wildernis areas, word die plant as 'n plaag beskou en word stappe geneem om dit uit te wis.