Suid-Afrika in 1984 Deur Ds. Desmond Tutu

Dreunende Kaspers

©Eric Miller

In 1984 het die regering ’n grondwet uitgereik wat die klimaks van die beleide oor die uitsluiting van swartes was. Die mense het dit heeltemal verwerp en in Augustus 1984 het daar hernude onrus uitgebreek. Meer as 1200 swartes is sedert Augustus 1984 en 1986 dood. Hulle is meestal deur die veiligheidsmagte doodgemaak, amper asof hulle vlieë was.

Kinders is aangehou. Kinders is doodgemaak. Daar word beweer dat vyftig buite ’n hof in die rug geskiet is. Ek het skaars ’n woord van die wittes wat kwansuis aan ons kant was gehoor.

Dit was werklike swaarkry, nie moontlike toekomstige swaarkry nie. Hulle het gesê die noodtoestand is opgehef. Op Paassondag het ek ’n kasper op die Soweto hoofweg gesien.

Op Paasmaandag in ons deel van Soweto, wat die stilste gebied was, het vier kaspers en personeelwaens verby my huis gedreun. My vou het gesê: “Die grens is hier”.

Die troepe was steeds in die townships na die Durban Onderwyskonferensie. By hierdie konferensie is ’n brawe besluit oor die kinders wat nog skool toe gaan geneem. Die regering se onsensitiwiteit met die vertoning van hulle militêre mag was baie uittartend.

Saam as ’n Nasie

©Eric Miller

Niks wat mnr. Botha gesê het, het my oortuig dat hy en sy regering ernstig was oor die afskaffing van apartheid nie. Hy het gesê ons is een volk en net as ons bly raak, sê hy ons is ’n nasie van minderes. As ons een nasie is, waarom moet KwaNdebele dan vir hierdie vals onafhanklikheid val, waarom moet die mense van Moutse sterf om ’n rassistiese ideologie te bevredig?

Daar sal ’n einde wees aan paswette en sodra ons hoera sê hoor ons weer van “ ordelike verstedeliking”. Aangesien swartes verhinder is om in die stede te bly sou ordelike verstedeliking slegs op hulle van toepassing wees en dus moes daar ’n mate van instromingsbeheer toegepas word. Dan was daar die bedankings van Dr Van Zyl Slabbert en Dr Boraine.

Die media het hulle betekenis verklein. Hierdie twee here het ons standpunt dat die Parlement in Suid-Afrika net ’n charade was ondersteun. Die PFP het die wêreld altyd die illusie gegee dat ons ’n parlementêre demokrasie gehad het terwyl ons in werklikheid ’n eenpartystaat gehad het wat onderdrukkend, onregverdig en gewelddadig is teenoor die opposisie.

Ons is verban, aangehou en van hoogverraad aangekla! Ons kinders het doodgegaan. Ons land het gebrand en gebloei. Daar was steeds ’n goeie gesindheid in ons land tussen die rasse. Laat ons nie so onwillig wees om dit te vernietig nie. Ons kan as een nasie, een familie, swart en wit saam woon.

Translated by Ananda Schoeman

Desmond Tutu

Desmond Tutu is een van Suid-Afrika se mees geliefde ikone en as ’n 1984 Nobelpryswenner en menseregte-aktivis bekend....more

Desmond Tutu: Lewe in ’n Oogopslag

Desmond Mpilo Tutu is op 7 Oktober 1931 in Klerksdorp in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika gebore....more