Woud en Oseaan Kombinasie - Aktiwiteite
Sodwana Bay Nasionale Park, KwaZulu-Natal

Die gemaklike Sodwana Bay Lodge lê aan die westelike oewer van die Shabize-meer, omring deur die wêreld se grootste natuurlik-begroeide sandduine.

Wildkyk

Inheemse bosse en vrugbare moerasse wat ’n oorvloed dier-en plantspesies huisves omsluit die gebied. Die groot riviermondings en mere is die perfekte plek om die seelewe te verken.

By die gemaklike lodge word die Groot 5 die Groot 6, met die boggelrugwalvis wat dikwels naby aan die kuslyn gesien word. Een van die gewildste aktiwiteite, veral onder uitlanders, is om hierheen te kom vir die walvis-kyk bootritte. Gespesialiseerde voëlkyk toere wat natuurlik die wildlewe insluit asook die Zoeloe se medisinale gebruik van plante, verseker ’n onvergeetlike avontuur hier by Sodwana Bay Lodge.

Etes

By Sodwana Bay Lodge word daar heerlike gesellige maaltye in die lodge se restaurant, Leatherbacks Seafood and Grill, bedien. Gaste kan met ontbyt, middagete en aandete uitsien na uitstekende diens en smaaklike geregte. Soos die naam aandui is die spesialiteite seekos en vleis, maar die pasta disse, pizzas en burgers hoef nie terug te staan nie.

As jy na iets meer ontspanne in die buitelug soek kan daar ’n aandete met ’n vooropgestelde spyskaart in die boma geniet word. Die gewilde ten volle gelisensieerde kroeg by die swembad bedien ’n groot verskeidenheid skemerkelkies, biere, wyne en ander drank.

Skubaduik

Die Sodwana Bay Lodge se Skubaduik Sentrum bied verskeie duik aktiwiteite aan, van ’n beginner tot ’n instrukteur kursus. Die standaard duik pakket behels ’n duik by die manjifieke twee myl rif in met ander nabygeleë duik plekke wat teen ’n geringe ekstra koste besoek kan word. Die plaaslike Zoeloe personeel word opgelei om van die mees ervare duik instrukteurs in die land te wees en dit dra by tot die gaste by hierdie gemaklike lodge se onvergeetlike ervaring.