Woud en Oseaan Kombinasie
Sodwana Bay Nasionale Park, KwaZulu-Natal

Die Sodwana Bay Lodge in die hartjie van Maputaland aan die westelike oewer van die Shazibe-meer bied ’n ontspanne wegbreek in KwaZulu-Natal.

Hoogtepunte

Boggelrugwalvisse word van die land af gesien
Groot 5 besigtiging
Skubaduik
Konferensie fasiliteite
Diepsee hengel
Woud en oseaan kombinasie

Jou Ervaring

Aan die westelike oewer van die Shazibe-meer in die hart van Maputaland, lê die Sodwana Wildreservaat, die tuiste van die Groot 5, ’n oorvloed voëls en ’n besonderse seelewe. Die natuurskone wildreservaat en nabygeleë kuslyn bied gaste ’n groot verskeidenheid avonture soos wildritte, skubaduik of diepsee hengel.

Die gemaklike Sodwana Bay Lodge se passievolle en professionele personeel kom grootliks van die omliggende gemeenskappe en hulle streef daarna om gaste se besoek aan hierdie lodge onvergeetlik te maak. Jy word met ope arms verwelkom.

Die verskeidenheid aktiwiteite laat geen tyd toe vir sit en verveeld wees nie, maar as jy die dag rustig wil deurbring kan jy langs die swembad of in jou gemaklike chalet ontspan. Sodwana Bay Lodge se stylvolle chalets bied jou privaatheid en luuksheid terwyl jy ’n ware wilderniservaring geniet.