Primȇre Duik Bestemming - Aktiwiteite
Sodwana Bay Nasionale Park, KwaZulu-Natal

Die diverse en interessante vis- en seelewe wat hier op Afrika se suidelikste rif in Sodwanabaai Nasionale Park gevind word, lok duikers van regoor die land en wêreld.

Snorkel en Skubaduik

Daar is ’n magdom snorkelplekke op die Sodwana-kus. Die rif wriemel met die klein goue vissies, vuurvisse, sebravisse, lipvisse, kreef, stervisse, pylvis en ale. Toerusting kan by die verskeie duik sentrums om Sodwana Bay Camp gehuur word. 

Duik kondisies is regdeur die jaar goed, maar die meeste duike vind tussen April en September plaas. Op ’n perfekte dag kan mens tot 30 meter ver onder die water sien. Die weer is subtropies en water temperature is gewoonlik bo 20°C – omtrent 29°C in die somer.

Visvang en Bootry

By hierdie self-sorg akkommodasie het ski-bote en kusvissermanne die geleentheid om ’n verskeidenheid vis te vang. Populêre ski-boot-visvangkompetisies word gereeld by Sodwanabaai gehou en die park het ’n rekordaantal swaardvis vangs. Black Rock en Island Rock is bekende visvangplekke. 

Wildbesigtiging

Sodwana Bay is bekend vir sy biodiversiteit beide bo- en onder die water. Die area bestaan uit kuswoude en duine, asook die beskermde vleilande van iSimangaliso waar ’n verskeidenheid wild gevind word. Op die kus is daar opwindende rif-formasies wat wag om ontdek te word. Seeskilpaaie kom na die strand toe om hul eiers te lê.

Voëlkyk Roetes

Die beste voëlkyk areas om Sodwana Bay camp is die Ngoboseleni roete, Sibaya-meer in die noorde en Muzi Panne in die binneland. Die Ngoboseleni roete begin en eindig by die Ezemvelo Wild ontvangs binne die Sodwanabaai Nasionale Park. Die roete neem omtrent 4 ure en die terrein is redelik maklik en het kuswoud, vleiland en bietjie grasvlakte.

Sommige van die voëls wat jy kan sien sluit in knysnaloerie, woodwardse bosbontrokkie, groenvleiloerie, swartpensglansspreeu, en die bloukuif-vlieëvanger. Kuifkoptarentale word gereeld langs die pad gesien.

Ngoboseleni meer is die tuiste van watervoëls soos dwerggans, reuse-reier, grootlangtoon en nonnetjie-eend. Visarende kan by die meer se rand gesien word.

See-voëls wat gereeld gesien word is die witmalgas, trekduiker, swaeltjies, reusesterretjies en vaalstrandkiewiet.

Addisionele Aktiwiteite

Die 5 km self-geleide Mngobeselen-roete 
Strand pieknieks
Seeskilpadtoere
Perdry
Visvangbote
Oseaan safaris/bootvaarte
Watersport-leer
Bootlisensie-kursusse
Skubaduik-kursusse