Primȇre Duik Bestemming
Sodwana Bay Nasionale Park, KwaZulu-Natal

Sodwana Bay Camp bied self-sorg akkommodasie in die beste duiksportbestemming van Suid-Afrika.

Hoogtepunte

Beste skubaduik en visvang bestemming regdeur die jaar
Bootstore, vis skoonmaak areas en vriesplek
Voëlkyk, pieknieks, swem, snorkel en visvang
Seeskilpad broeistrand in Desember en Januarie, en walviskyk in die winter maande
Self-sorg akkommodasie beskikbaar in outentieke houthuise

Jou Ervaring

Sodwana Bay Camp is geleë in die iSimangaliso Vleiland Park- Suid-Afrika se eerste Wêreld Erfenis Gebied. By hierdie self-sorg akkommodasie kan jy jou dae tot jou voorkeur spandeer. Al jou behoeftes word na omgesien en jou outentieke houthuis akkommodasie smelt in die omgewing in. 

Wil jy graag van die gejaag van die stad ontsnap? Sit die gebiep van jou elektroniese toebehore af en kom luister na die gesing van die voëls in die bome by Sodwana Bay Camp.

Die ongelooflike seewêreld en uitstekende klimaat maak Sodwanabaai een van die beste skubaduik bestemmings in die wêreld. Dit is hemels vir waterliefhebbers! Hier kan jy snorkel, duik, boot- én jet-ski ry. 

Desember en Januarie is unieke maande by Sodwana Bay Camp, omdat besoekers op nagtoere kan uitgaan om te sien hoe die seeskilpaaie hul eiers lê. Die 5 km self-ry Mngobeselen roete is ’n populêre roete vir voëlkykers. Geleide wandelinge is die meeste naweke en in hoog-seisoen beskikbaar.

By Sodwana Bay Camp hoef jy nie net aan aktiwiteite deel te neem nie. Jy kan ook rus en jou siel herlaai. Die lekkerste is tog om op die strand te lê met ’n pakkie biltong en ’n ys-koue drankie in die hand.