Primȇre Duik Bestemming - Jou Verblyf
Sodwana Bay Nasionale Park, KwaZulu-Natal

Sodwana Bay Camp is geleë in die iSimangaliso-vleilandpark - Suid-Afrika se eerste wêrelderfenisgebied.

Jou Kamer

Sodwana Bay Camp 4 sleeper cabins bestaan uit twee aparate slaapkamers, ’n toegeruste kombuis, een badkamer met ’n bad en stort, asook ’n ontspanningsarea met DSTV. Braai geriewe is beskikbaar en ’n ekstra bed kan aangevra word.

Sodwana Bay Camp 6 sleeper cabins bied drie aparte slaapkamers met slegs enkelbeddens. Daar is ’n toegeruste kombuis met twee aparate badkamers en ’n ontspanningsarea met DSTV. ’n Ekstra bed is beskikbaar op aanvraag en daar is braai fasiliteite ook beskikbaar. 

Al die chalets word daagliks skoongemaak.

Geriewe

Stap/wandelroetes, gidse en wagte
Veilige deposito-bokse is beskikbaar om te huur
Ontvangs
Selfoon ontvangs (Vodacom, Cell C)
DSTV
Kinderopassersdienste op aanvraag
Vis skoonmaak areas
Diepvries spasie
Boot en karavaan stoor 
Klein winkel met algemene benodighede, ys en aas
Kantoorfasiliteite met internet
Duik sentrum