Totale Rustigheid
Shamwari Wildreservaat, Oos-Kaap

Die Bayethe Tented Lodge bied luukse tentakkommodasie waar jy totale rustigheid in die Shamwari Wildreservaat kan kry.

Hoogtepunte

Luukse tentakkomodaise in ʼn malaria-vrye area
Privaatheid en afsondering diep in die Afrika-bos
Private plonspoel en dek met betowerende bosuitsigte
Hoë-volume wildbesigtigings
Groeninisiatiewe en bewaringservaringe

Jou Ervaring

Die Bayethe Tented Lodge, geleë in die glansryke malaria-vrye Shamwari Wildreservaat, bied ʼn outentieke Afrika safari-ervaring in ʼn rustige omgewing aan. Die wildreservaat is die tuiste van ʼn groot verskeidenheid soogdiere en voëlspesies, insluitende die wêreld-bekende Groot 5.

ʼn Besoek aan hierdie luukse tentakkomodasie in die Shamwari Wildreservaat sal enige verwagtinge wat jy oor ʼn bosveldekspedisie het, oorskry. Die vriendelike personeel slaag daarin om jou soos koninklikheid te laat voel, sonder dat hulle oorweldigend is.

Die tent-suites straal luuksheid uit en maak ʼn beduidende bydrae tot die Afrika-atmosfeer van die lodge. Jou privaatheid is een van die grootste belange en jou tent is gekamoefleer onder die bome, met luukse geriewe wat verseker dat jy ten alle tye gemaklik is.

Die Shamwari Wildreservaat word voortdurend as een van die beste bewaringsareas ter wêreld geprys, met omvangryke dier- en voëllewe. Te same met uitstekende diens en heerlike eetervaringe sal jy uitgerus vertrek met nuwe lewe en ʼn hunkering om terug te keer.