Long Lee Manor Aktiwiteite
Shamwari Wildreservaat, Oos-Kaap

Shamwari Wildreservaat is die tuiste van nie net die Groot 5 nie, maar ook ’n groot verskeidenheid soogdiere.

Wildbesigtigingsritte

Dit is ’n gesogte safaribestemming vir beide plaaslike en internasionale besoekers. Wildbesigtigingsritte geskied twee keer ’n dag. Daar is ’n koffiebreek tydens die oggendrit en skemerkelkies word tydens die rit in die laatmiddag bedien. Ingeligte, toegewyde gidse sal jou van waardevolle en interessante inligting oor die area en die diere voorsien.

Long Lee Manor ook ’n uitstekende voëlkykbestemming. Dit spog met ’n verskeidenheid voëlspesies, insluitende groot roofvoëls soos blouvalke en dwergarende. Die watervoëls drom saam by die verskeie poele in Shamwari Wildreservaat. Slanghalsvoëls, kopereende en kuifkopvisvangers is maar net ’n paar spesies wat gesien kan word. Daar is beslis genoeg om ’n voelkykentoesias vir ’n paar dae besig te hou.

As jy opsoek is na ’n meer fisiese ervaring as ’n wildbesigtigingsrit, kan jy aan geleide bos wandeling deelneem. Hierdie stap safari’s gee jou ’n unieke perspektief van die inheemse fauna en flora. Jy sal verskeie dierspore en wegkruipplekke gewys word, geleer word hoe om tussen verskeie mismonsters te onderskei en meer leer oor die omgewing se geskiedenis.

Eetervarings in die Bos

Eetervaringe by Long Lee Manor is onvergeetlik vanweë die ervare gourmetsjefs se watertandlekker maaltye. Hier sal selfs gaste met die skerpsinnigste smaak bevredig word. Die heerlike etes word in ’n verskeidenheid areas bedien, insluitende die hoofeetkamer, om ’n oop vuur of in die rivierlapa vir buitelugetes.

Die kroeg bied ’n verskeidenheid plaaslike en ingevoerde wyne, biere en sterk drank aan.