Long Lee Manor
Shamwari Wildreservaat, Oos-Kaap

Long Lee Manor is ’n elegante lodge in die Shamwari Wildreservaat wat uitkyk oor die bos vlaktes.

Hoogtepunte

Gereelde Groot 5-besigtigings gepaardgaande met 5-ster luuksheid
Bewaringservaringe
Wonderlike voëlkykgeleenthede
Fiksheidsentrum en stoomkamer
Heerlike eetervaringe by binnenshuise en buitelug geriewe

Jou Ervaring

Long Lee Manor fokus op toonaangewende diens in ’n asemrowende omgewing. Die lodge is geleë in die malaria-vrye Shamwari Wildreservaat, die tuiste van nie net die Groot 5 nie, maar ook ’n groot verskeidenheid ander soogdiere en voëlspesies.

Verblyf by hierdie elegante lodge voel soos ’n terugkeer na vriende en familie. Die lodge se personeel is opgelei, vriendelike en doeltreffend en dra grootliks by tot atmosfeer van die akkommodasie. Geen kinders jonger as 12-jaar word toegelaat nie, dus word ’n rustige safari verseker. Perfek vir paartjies op ’n romantiese wegbreek, of vir ’n sakegroep se blaaskans in die bos.

Die Long Lee Manor suites is almal smaakvol versier en bied verskeie luukse geriewe, soos en-suite badkamers, private stoep en ’n asemrowende uitsig.  

Shamwari Wildreservaat word nie sonder goeie rede geprys as een van die beste bewaareas in die wêreld nie. Die volop dier- en voëllewe om die lodge, tesame met uitstekende diens, sal jou met ’n leeftyd se herinneringe voorsien.