Verwelkomende Atmosfeer - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

By Dulini Private Wildreservaat kan jy uitsien na ʼn uitstekende tyd op die oggend en aand wildritte, wat aangebied word deur professionele gidse en spoorsnyers.

Wild Besigtiging

Die gidse in die area is voortdurend in kontak met ander gidse in die omgewing en hulle kommunikeer met mekaar wanneer wild gevind word, sodat hulle 'n ongelooflike ervaring aan die gaste kan bied. Diere wat gesien is in die omgewing is kameelperde, kudu’s, zebra’s, wildevarke sowel as ander roofdiere. Kyk uit vir jagluiperds (taamlik skaars), wildehonde, hiënas, ratels en leeus.

Staptoere

Die staptoere is ideaal om voëls te besigtig. Hierdie area is die tuiste van meer as 300 verskillende voël spesies, wat die Troupant, Bosvisvanger en die Brëekoparend insluit. Jou gids sal breedvoerig verduidelik en inligting gee oor elke spesie wat julle sien sowel as die belangrike rol wat die plante, bome en insekte speel in die natuur.

Bos etes en die Uitsigdek

By Dulini Moya kan aandetes in verskillende plekke bedien word elke aand. Afrika maaltye kan geniet word in die buitelug omheinde eetplek of op die kykdek, terwyl jy teug aan een van Suid-Afrika se top wyne vanuit die goed gevulde kelder. Romantiese kerslig aand etes kan ook georganiseer word vir ʼn meer intieme safari ondervinding.