Verwelkomende Atmosfeer - Jou Verblyf
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Dulini Moya verskaf moderne koloniaal-styl akkommodasie in Sabi Sands in 2 eksklusiewe rietdak suites met plonspoele op die privaat dekke.

Jou Kamer

Die groot glasvensters bied ongelooflike uitsigte maar met privaatheid, want al die suites is ʼn ent van mekaar af gelëe. Elke luukse suite het ʼn en-suite badkamer wat baie ruimlik is met 'n binne en buite stort. Ander geriewe sluit in haardroërs, lugverkoeling, en kluise. Die akkommodasie het ook koordlose internet toegang sodat die gaste in aanraking kan bly met familie en vriende.

Fasiliteite

Die hoof akkommodasie gebou bied 'n verwelkomende atmosfeer aan met groot banke en loop uit op die stoep met uitsigte oor die wildernis en verder. Dulini Moya spog met 'n uitgebreide biblioteek, privaat tuin en 'n goed toegeruste gimnasium, asook 'n boma (buitelug omheinde area met ʼn vuurput), kroeg en wynkelder sowel as 'n swembad op 'n dek onder ʼn oer oue Jakkalsbessie boom.