Verwelkomende Atmosfeer
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Hierdie moderne koloniale-styl akkommodasie in die Sabi Sand Wildreservaat bied gaste ʼn romantiese en intieme safari ondervinding.

Hoogtepunte

Romantiese aandete by kerslig
Moderne Koloniale-styl akkommodasie en meubels.
Persoonlike aandag en n private hoofbediende

Jou Ervaring

Dulini Moya is gelëe in Sabi Sands Private Wildreservaat en bied die “Out of Africa” ondervinding aan sonder om ʼn afgesaagde uitdrukking te wees. Ses rietdak suites lȇ langs die Sand Rivier oewer onder ʼn plantasie van Ebbehout en Loodhout bome. Hierdie romantiese raamwerk moedig ʼn sin van nostalgie aan, veral met die moderne koloniale-styl dekor en ou-wȇreldse meubels.

Raak verlief op die natuur terwyl jy op jou private dek sit met sy plonspoel. Ontspan met ʼn glas wyn in die hand afkomstig van die kelder met ʼn kolleksie van top Suid-Afrikaanse wyne. Gaan op ʼn vroȅe wildoggendrit, saam met jou betroubare uitmuntende gids, wat jou sal help om die Groot Vyf op te spoor.

Jy kan ook op ʼn oggend staptoer deur die bosse gaan om jou ontbyt af te stap of glip weg vir n middag slapie as jy dit so verkies. In die aande by Dulini Moya kan jy ʼn intieme safari ondervinding meemaak waar aandete by kerslig bedien word met jou eie private hoofbediende byderhand om jou glas sjampanje vol te hou.