Unieke Eko-safari Verblyf - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Die Sabi Sabi Fotografie Safari bied gaste die unieke geleentheid om gelei te word deur ʼn professionele fotograaf.

Wildbesigtiging en Bos Staptogte

Sabi Sands Privaat Wildreservaat is ʼn oase van wildlewe. Daaglikse wildritte en bos staptogte met goed opgeleide gidse en spoorsnyers word meegemaak elke dag. Ondervind die skoonheid van ʼn aand in Afrika op n safari saans waar die nagtelike spesies waargeneem kan word met behulp van ʼn kollig, soos die leeu, luiperd, ystervark en sivetkat.

Onderneem ʼn opwindende safari staptog om naby die natuur te kom. Leer meer oor die Afrika bos omgewing tydens ʼn oggend bos staptog wat vir jou ʼn hele ander perspektief van die natuur sal gee. Die bos staptog neem ongeveer 2 uur en word gelei deur gewapende veld gidse.

Fotografie Safari

Hierdie gidse is goed opgelei in die kuns van fotografie en kan jou help om die beste foto’s vas te vang in die wildernes. Aan die einde van die safari het jy die geleentheid om te leer hoe om jou foto’s te redigeer met die hulp van die gids. Al die foto’s wat jy gekies het kan jy saam met jou huistoe vat op n CD of ʼn geheuestokkie met die komplimente van Sabi Sabi Earth Lodge.

Amani Spa

Die Spa het ʼn volle reeks van skoonheid behandelings wat jy kan geniet teen die agtergrond van die skilderagtige bosveld, insluitend massering, gesigs behandelings, nael versorging, pedikure en manikure en ʼn heerlike liggaam skrop. Gaste kan individuele versorgings pakette geniet vir alle okasies soos bv. Wittebrood, verjaarsdae en herdenkings.

Die spa bied ook pakette aan terselfde tyd vir paartjies wat op ʼn romantiese wegbreek is. Amani Spa gebruik gespesialiseerde vel en liggaam produkte. Hierdie produkte word gemaak van die hoogste kwaliteite natuurlike olies.

Vir die Kinders

Die EleFun Sentrum is ten volle toegerus vir kinders wat hulle sal help om hulle bewus te maak van die natuur en bewaring van die natuur te leer. Verskillende aktiwiteite word by die verskillende ouderdomme aangepas en sluit in alles wat met die bos te doen het soos bv. die diere, goggas, voëls, spoorsny en hoe om n kaart te lees.

Bos Aandetes met ʼn Tema

Saans word aandete aangekondig met die blaas van ʼn kudu horing. Elke aand word daar in ʼn ander intieme area fynproewers aandetes aangebied. Dit is ideaal vir paartjies en wittebroodspaartjies wat n romantiese wegbreek kans wil geniet sonder al die afgesaagde uitdrukkings.