Uitmuntende Safari - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasional Park

ʼn Safari voertuig by Londolozi Private Wild Reservaat kan gereël word vir persoonlike gebruik.

Wild Besigtiging

ʼn Opgeleide gids en spoorsnyer sal saam met jou ʼn wildrit aanpak en sluit in die uitkenning van voȅls, plante en diere. Kies 'n oggend of namiddag wildrit waar jy kan besluit hoe lank dit moet duur.

Begeleide Natuur Staptogte en Storie-vertelling

Die natuur staptogte by Londolozi gee jou die kans om ʼn nabye ervaring van die natuur te beleef. Elke staptog sluit in ʼn hoogs opgeleide gids/spoorsnyer wat die verskeie spore, plante, voȅls, kleiner diertjies en insekte kan uitwys.
Oggend ontbyte, sonsondergang drankies en aandetes word gereeld aangebied met storie-vertelling om die kampvuur saans.

Fotografie Safari

Hierdie op safari keuse gee jou die geleentheid om saam met 'n professionele fotograaf (wat jou private instrukteur gaan wees) die wild te fotografeer. Jy sal leer hoe om die wild op jou kamera vas te vang en terug by die Fotografie Studio by Londolozi Lodge sal hy jou help om jou foto’s te redigeer. Hier het jy ook die opsie om jou foto’s op doek uit te druk wat jy saam met jou huistoe kan neem.

Joga Klasse

Gaste kan die Afrika oggend son geniet terwyl hulle aan die oggend joga klasse deelneem wat gebasseer is op Lyengar, Ashtanga, Jivamukti and Tripsichore. Hierdie klasse is geskik vir beginners en middelklas vlakke en word aangebied op die Londolozi Joga Dek. Af en toe sal jy nuuskierige olifante waarneem wat langs die oewer loop.

Masseer Terapie

Terwyl jy in harmonie met die natuur lewe by die Londolozi Private Granite Suites is, het jy die kans om balans te skep tussen jou verstand, liggaam en siel. Masseer terapie by die Londolozi Life sluit in Sweedse massering tegnieke, aromaterapie en reiki. Alle terapie word aangepas by jou persoonlik en word aangebied op die privaatheid van jou dek of in jou kamer.