Uitmuntende Safari
Sabi Sands, Kruger Nasional Park

Hierdie intieme akkommodasie in die Sabi Sands Wildreservaat bied uitmuntende kos en safari aktiwiteite aan om jou liggaam, gedagtes en gees te balanseer.

Hoogtepunte

Joga klasse (saam met olifante by geleentheid)
Fynproewers disse gebasseer op organiese, hand-geplukte bestanddele
Fotografie safaris en storie-vertelling saans

Jou Ervaring

Londolozi Private Granite Suites in die Sabi Sands is geskik vir oordeelkundige reisigers wat elegansie en aandag aan besonderhede waardeer.
Hierdie private suites is ontwerp om die groot graniet klippe waarop die gebou is in te sluit. Die Afrika aarde en kontemporêre ontwerp gee jou ʼn natuurlike en gebalanseerde gevoel.
Londolozi gee jou die gevoel dat die buffels, olifante en voȅls in jou tuin is, want dit is op die oewer van die Sandrivier gelȅe. Ondervind werklike vryheid in die natuur op jou eie private bos wildrit terwyl jy soek na die wild in die Sabi Sands Wild Reservaat.
Londolozi word die beste beskryf as ʼn gesondheids Safari akkommodasie, waar daar spesiale aandag gegee word aan jou gesondheid en ontspanning deur masseer terapie en joga. Wanneer jy terugkom van jou namiddag wildrit kan jy ʼn heerlike olie bad op die oewer van die rivier geniet. Waardeer dan heerlike fynproewers maaltye gemaak van organies produkte, vrylopende wild en hand-geplukte speserye.
Elke private suite het sy eie warm swembad op ʼn dek wat direk op die Sandrivier uitkyk. Om absolute privaatheid te verseker, akkommodeer Londolozi slegs ʼn klein groepie van 6 mense en word kinders onder 16 nie toegelaat nie.