Safari vir Kinders - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Die Gesondheids Spa by Londolozi sluit in joga en fiksheid fasiliteite sowel as verjongende behandelings vir 'n rustige safari ondervinding.

Wild Besigtiging en Wild Spoorsny

Kyk uit vir die wildlewe soos die luiperd, cheetah, buffel, olifant en leeu tydens jou oggend en middag wildritte. In hierdie kamp kan jy ook ʼn spoorsny avontuur meemaak of die bos verken op ʼn staptog. Die staptog is ʼn ideale geleentheid om die verskeie soorte voȅls te sien wat in hierdie area voorkom. Dit sluit in die Sekretarisvoȅl, die Monnikaasvoȅl, Visarend en die Kuifkopvisvanger.

Joga en Gesondheids Spa

Terapie wat aangebied word by Londolozi Life sluit in Sweedse massering, Aromaterapie en Reiki. Alle terapie behandelings kan geskied op jou private dek of in jou kamer.

Vir die Kinders

ʼn Verskeidenheid van aktiwiteite is beskikbaar vir die kinders om te geniet. Kinders onder die ouderdom van 6 mag nie op wildritte gaan nie maar sal besig gehou word by die Welpie Klub. Party van die Klub se aktiwiteite sluit in goggas vang, kuns en handwerk, Afrika danse, sing van liedjies en vertel van stories.

Addisionele Aktiwitieite

Ontbyt pieknieks en etes in die bos
Slaap buite onder die sterre
Voȅl ekskursies
Visvang
Sterrekunde lesings
Kampvuur en storievertelling
Shangaan kulturele dorpie en leer sentrum