Safari vir Kinders
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Hierdie intieme en private verblyf suites smelt ineen met die fantastiese rivier omgewing in die Sabi Sands Wildreservaat.

Hoogtepunte

Ten volle toegeruste gimnasium fasiliteite en masseer kamer
Private swembad op 'n hout dek
Hoȅ konsentrasie van die Groot Vyf en ander wild

Jou Ervaring

Londolozi Varty Kamp word gesien as die hart van Londolozi, en die gevoel van familie en geskiedenis is opmerklik. Daarom is dit die geskikte bestemming vir oud en jonk. Londolozi Varty Kamp is perfek vir families wat daarna uitsien om die Afrika-bos te ontdek. Kinders kan die omgewing saam met goed opgeleide personeel ontdek en meer leer van die ekologie en bewaring.

Jonger kinders sal dit geniet om goggas te vang en na stories van die bos te luister. Hierdie kindervriendelike safari akkommodasie het 'n "tuis weg van die huis" gevoel en word beskou as een van Afrika se beste Wildbesigtiging akkomodasies.

Kyk uit vir die Groot Vyf op wildritte en ontdek die groot verskeidenheid van voȅls op die bos staptogte. In die middag kan jy 'n massering geniet of swem in die swembad om af te koel.