Privaat en Afsonderlik - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Wildbesigtigings ritte word aangebied 2 keer ʼn dag in oop 4x4 voertuie, wat jou aan die beste wildervarings tentoonstel.

Wildbesigtiging

Elke wildrit word aangebied deur professionele gidse/spoorsnyers wat al jou vrae wat jy nog altyd wou weet oor die bos, sal antwoord. Met oor die 300 spesies van voëls, en 47 groot wild spesies, is daar baie om te sien, so onthou om jou kamera byderhand te hou terwyl jy op die wildrit deur die Sabi Sands gaan.

Wat wonderlik is van hierdie private reservaat is dat jy nie saam met groot groepe mense hoef te gaan op die wildritte nie, wat wel die geval kan wees in die groter Kruger Park area. Hierdie wildritte wat in die vroeg oggend en aand vertrek is die ideale manier om die leeus en luiperds te sien.

Bos Staptogte

Net voor middagete kan jy ʼn bosstaptog reël met jou spoorsnyer/gids. Die staptogte neem ongeveer 2 uur wat jou kans gun om jou bene te rek en ʼn intieme ervaring met die natuur te ondervind. Jy kan van aangesig tot aangesig kom met alle soorte diertjies en insekte (hopelike nie baie wat jou sal bangmaak nie), wat jy maklik kon mis terwyl jy op n wildrit was en in ʼn voertuig gery het. Hierdie staptogte gee jou baie geleenthede om foto’s te neem en net om te beweeg op ʼn rustige manier in pas met die natuur.

Fotografie Safaris

Die Sabi Sabi Fotografiese Safari offer gaste die unieke geleentheid om gelei te word deur ʼn professionele fotograaf. Die fotograaf is goed opgelei in die kuns van fotografie en kan jou help om die beste oomblikke in die natuur vas te vang. Aan die einde van die safari kan jy en jou instrukteur na die foto’s kyk en jy sal ʼn kans kry om te leer oor redigering en die verwerking van die foto’s. Al die foto’s wat jy kies kan jy saamneem huis toe op n CD of 'n geheuestokkie met komplimente van Sabi Sabi Earth Lodge.

Amani Spa

Gaste wat bly by die Little Bush Kamp of Selati Kamp het toegang tot die Amani Spa by Bush Lodge of Earth Lodge. Die Spa het ʼn volle reeks van skoonheids behandelings wat jy kan geniet teen die agtergrond van die skilderagtige bosveld, insluitend massering, gesigs behandelings, nael versorging, pedikure en manikure en ʼn heerlike liggaam skrop. Gaste kan individuele versorgings pakette geniet vir alle okasies soos bv. Wittebrood, verjaarsdae en herdenkings. Die spa bied ook aan pakette terselfde tyd vir paartjies wat op ʼn romantiese wegbreek is. Amani Spa gebruik gespesialiseerde vel en liggaam produkte. Hierdie produkte word gemaak van die hoogste kwaliteite natuurlike olies.