Privaat en Afsonderlik
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

ʼLittle Bush Camp bied luukse akkommodasie vir paartjies, vriende of klein groepies in die Sabi Sands Wildreservaat.

Hoogtepunte

Individuele suites met privaat dekke en ʼn verhitte spa
Groot Vyf ontmoetings op wildritte en staptogte
Aandetes, met lanterns vir lig, onder die bome

Jou Ervaring

Op ʼn draai in die Msulthlurivier lê Little Bush Camp, die kleinste en mees afgesonderste van al die Sabi Sabi akkommodasie. As jy vir ʼn intieme safari ondervinding soek as ʼn paartjie of ʼn klein groepie is dit die regte keuse. Little Bush Camp is die nuutste toevoeging tot die Sabi Sabi kolleksie van 5 ster safari akkommodasie, en soos die naam dit beskryf, is dit ʼn kleiner kamp van net 6 akkommodasie plekke vir uiterse afgesonderheid en privaatheid in die Afrika wildernes.

Die feit dat dit hoog liggend is gee jou eindelose uitsigte van die privaatheid van jou eie dek met ʼn G&T in die hand. Ontspan in jou suite met sy eie verhitte spa, en geniet die diere en voëls wat kom water drink in die rivier voor jou. Die suites het ʼn duidelike Afrika gevoel in die dekor en uitleg maar met n moderne draai. Die sentrale sitkamer, kroeg en binne en buite eet area is ideaal vir eksklusiewe gebruik deur klein groepies, troues of die viering van verjaarsdae of herdenkings.

Spandeer jou tyd in die wildernes op dag en nag wildritte waar jy van aangesig tot aangesig kom met verskeie roofdiere soos die leeus en luiperds wat baie voorkom in hierdie area.