Oor Eindelose Horisonne
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Ulusaba Rock Lodge is ’n safari-koninkryk wat 800 meter bokant die wildernis op ’n rotsagtige koppie in die Sabi Sands Privaat Wildreservaat staan.

Hoogtepunte

Klein en intieme lodge wat hoog bo die grond gebou is en uitstekende uitsigte oor die laeveld bied
Kuluturele toer van die Justicia dorpie - vind meer uit oor die daaglikse lewe van die Shangaan mense
Sterrekyk vanaf die bos observatorium waar jy meer oor die konstellasies van die Suidelike hemelhalfrond kan leer
Fotografiese toerusting te huur wat verseker dat jy die beste toerusting byderhand het vir die perfekte foto
Familie vriendelik, kinders van alle ouderdomme is welkom en daar is ’n toegewyde kinderklub om die jonges besig te hou

Jou Ervaring

Dit is een van Richard Branson se gunsteling plekke en dit is maklik om te sien hoekom. Ulusaba Rock Lodge is in die westelike deel van die Sabi Sands Wildreservaat, bo-op ’n koppie, geleë. Jare gelede was dit ’n strategiese uitkykpunt vir Shangaan-krygers en vandag bied dit gaste die ideale uitsig oor die bos met die Groot Vyf en ander skaarse diere soos wilde honde.

As jy gelukkig is sien jy dalk ook vir Richard Branson in lewende lywe. Hierdie luukse akkommodasie in die Sabi Sands is in granietklip in gebou en bied uitstekende uitsigpunte oor die Afrika-landskap. Op ’n helder dag kan jy die Drakensberge sien.

Niks vergelyk egter met die bedekking van die nag nie, wanneer jy na die melkweg kan opkyk. Van sy euforiese ligging tot sy algehele ontwerp bied Ulusaba Rock Lodge ’n ervaring wat nog lank in die komende jare onthou sal word.

Die styl van die lodge word met grasdakke en mahonie gekleurde houtvloere gekomplimenteer en die addisionele aktiwiteite wat saam met wildbesigtigingsritte aangepak kan word, verseker dat jy afgeronde safari ervaring sal hê. By Ulusaba Rock Lodge kan jy kan kies hoe jy jou tyd wil spandeer.

Daar is masseringsterapie, dag uitstappies, dorpstoere en ook ’n wynproe om van te kies. Jy kan selfs kies om eerder in jou vrye tyd by die swembad met ’n kelkie in die hand te sit, terwyl die kinders by die “Cub's Club” vermaak word.