Oor Eindelose Horisonne - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Wildbesigtigingsritte en stap safari’s in die Sabi Sand Wildreservaat geniet voorrang bo die meeste ander aktiwiteite in die omgewing.

Wildbesigtiging

Geen wildbesigtigingsrit is ooit dieselfde as die vorige een nie. Daar is twee daaglikse wildbesigtigingsritte by Ulusaba Rock Lodge, een wat vroeg in die oggend vertrek en een wat laatmiddag vertrek, elk ongeveer drie uur lank. Wees op die uitkyk vir die Groot Vyf en ander diere soos kameelperde, sebras en seekoeie wat gereeld hierdie streek besoek.

Beproef ’n nuwe stokperdjie en huur fotografiese toerusting by hierdie luukse akkommodasie in die Sabi Sands, of gaan op ’n stap safari met ’n veldwagter en spoorsnyer. Dit is ’n geleentheid om die kleiner diere van die bos, wat dikwels op ’n rit gemis word, te sien.

Wynproe en Privaat Aandete

Daar is ’n wynkelder onder die hoof sitkamer van Ulusaba Rock Lodge gebou wat ’n wye verskeidenheid oesjare uit Suid-Afrika en die buiteland vertoon. As jy besonders romanties voel, kan jy selfs ’n privaat ete in hierdie afgesonderde ruimte bespreek.

Aroma Boma

Ontspan na die opwinding van ’n wildbesigtigingsrit met ’n spa-behandeling by die Aroma Boma. Hierdie luukse akkommodasie in die Sabi Sands Wildreservaat bied ’n hele reeks behandelings aan, van gesigbehandelings en lyfmasserings tot die noodsaaklike versorgings rituele.

Kinder Aktiwiteite

By Ulusaba Rock Lodge kan kinders by die “Cub's Club” aansluit, waar verskillende kindervriendelike aktiwiteite georganiseer word. Kinders kry ’n rugsak wat volgestop is met lekker goedjies om hulle mee besig te hou. Die hoogtepunt is gewoonlik die gewilde opvoedkundige safari met ’n veldwagter wat hulle wys hoe om spoor te sny en in die bos te oorleef.

Vrywilligheidswerk

Die gemeenskapstoer kyk na sommige van die liefdadigheidsprojekte waarby Ulusaba Rock Lodge aktief betrokke is. Die gemeenskapstoere word deur ‘Pride 'n Purpose’, Ulusaba se liefdadigheidsprojek gereël.

Die beginsel waarop die projek gebaseer is, is om mense te bemagtig sodat hulle hulself kan help en ter selfde tyd volhoubare ontwikkeling bevorder. Die somtotaal van ‘Pride 'n Purpose’ se uitgawes word deur Ulusaba Rock Lodge en Virgen Unite gefinansier. Die geld wat met die toere ingesamel word, gaan terug na die plaaslike gemeenskap.

Dag Uitstappies

Spandeer jou dag deur die beroemde 'Panorama Roete' op die Drakensberg-platorand te verken. Hierdie toer sluit besoeke aan die Victoriaanse dorp Pelgrimsrus, die berugte ‘Robber's Grave’, Blyderivierkloof, die Drie Rondavels, ‘God's Window’, ‘Bourke's Luck Potholes’ en die Lisbon-watervalle in.

Jy sal die natuurskoon eerstehands beleef en meer oor die geskiedenis van die streek se eerste pioniere leer. Middagete word by ‘Harry’s Original Pancake’ restaurant in Graskop geniet waar pannekoeke en vars slaaie bedien word.