Ontsnap van die Werklikheid - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Daar is geen heinings tussen Sabi Sands Wildreservaat en die Kruger Nasional Park nie, wat die vrylike beweging van die Groot Vyf wild toelaat.

Wild Besigtiging

Oggend en laatmiddag wildritte word aangebied en gee jou die geleentheid om ʼn verskeidenheid van wilde diere waar te neem. Die laatmiddag wildrit is ideaal vir jou om die skaam nagdiere te sien soos die ystervark, aardvark en jagluiperd. Om leeus te sien is makliker as jagluiperde omdat leeus in groepe rondbeweeg. Hulle los baie spore in die sand wat die spoorsnyers en gidse ʼn beter kans gee om hulle op te spoor. Die troppe leeus in hierdie area is die Hilda’s Rock trop (4 individuele), die Sand Rivier trop (12 individuele) en die N’waswintsaka trop (20 individuele). Vir ʼn meer unieke ervaring kan jy die gespesialiseerde seekoei toer doen, en baie naby aan hulle kom. Dit is ook n gulde geleentheid om die krokodille van naby te sien.

Rivieroewer en Bos Staptoere

Neem deel aan ʼn staptoer in die bos saam met n kundige gids. Hier is ʼn gulde geleentheid om die wye verskeidenheid van voëls waar te neem, onder andere die Witaasvoël, Troupant en die Swartaasvoël. Bome speel ook n belangrike rol in die Afrika landskap. Leer meer van die Mopane boom, die Raasblaar en die Tambotie boom en hulle eie spesiale gebruike. Jy sal sonder twyfel n boom liefhebber wees na hierdie ondervinding.
Die staptoere vind gewoonlik plaas na ontbyt en duur gemiddeld 1-2 uur, wat af sal hang van die fiksheid van die groep. In die warm somer kan die staptoere ingesluit wees by die oggend wildrit, voordat jy teruggaan na jou verblyfplek vir ontbyt.

Aktiwiteite

Hierdie kontemporêre safari verblyf by Lion Sands Wildreservaat bied ʼn voller reeks aktiwiteite aan wat jy kan geniet soos die seekoei toere, wildlewe lesings, astronomie en rivier toere, klei duif skiet, golf by die Skukuza Golf baan, asook warmlugballon en helikopter vlugte.